Buffelsfontein Brandewyn (Brandy) is a South African produced smooth and easy-drinking brandy that is matured for a period of three years. Buffelsfontein Brandewyn is best enjoyed in a tall glass over ice with any cola or ginger beer.
“Bederf Jouself, Jou Rowwe Bliksem”
Die oorspronklike bos baard man gunsteling.
Buffelsfontein Brandewyn is n pleister vir leed, `n koue lappie op `n koorsige voorkop en ouma se lamsboud in die oond. Dit lawe die seer van `n liefdesbrief wat onbeantwoord bly, duur diesel en `n lammer wat in jou suiping verdrink. Die reën op `n sinkdag, die reuk van buskruit uit `n slot-aksie en `n land vol mielieplante wat gelyk deur die grond breek. Dis gemaklike vellies, geelvet biltong en damswem in Desember.
Dit rank deur jou binneste soos `n DJ Opperman gedig, hardloop rugby en die hoendervleis as jy daai plastiek van `n splinternuwe trekker se sitplek trek. So gaan plak jou gat neer langs `n vuur, gooi `n lange en bederf jouself, jou rowwe bliksem.
No Alcohol can be sold or supplied to anyone under 18. It’s against the law.
Reviews
There are no reviews yet.